slungel
(slun-gel) s.nw., slungels.
Manspersoon wat besonder lank, maer en onbeholpe of ongemaklik is, en wat dikw. slordig en onversorg lyk: ’n Slap slungel van ’n man het kom oopmaak toe ek klop: die ene tandeloosheid en hare (A.P. Brink: Parys – Parys, 1969, 157). ’n Bleek slungel van ’n verkoopsventjie keer hom (Thomas) voor … en plak … ’n modieuse lapding op die toonbank neer (J. Rabie: Ark, 1977, 43).