• 29/10/2021

smokkie

(smok-kie) s.nw., smokkies. (geselstaal; minder gebruiklik)

SJEBIEN: ’n Groot klomp mense het voor … Mokoena se smokkie in Winnie Mandelastraat begin saamdrom … Een van die eerste mense op die toneel … het die kar sien wegjaag en toe die gille van die sjebien af gehoor (K. Brynard: Plaasmoord, 2009, 380). Cops het weer hard geslaan na smokkies. ’n Vroutjie … meen dit was hoog tyd … “Ons sukkel om kop bo water te hou, want ons manne se geld gaan net smokkies toe” (Son, 18 Aug. 2018, E).

Deel op Sosiale Media