• 30/07/2021

snerpend

(sner-pend) b.nw., snerpende; snerpender, snerpendste.

1 Wat bytend of snydend koud is: Die trek het voortgekruie deur die lang, snerpende nagte (F.A. Venter: Kambro-kind, 1979, 98).
■ Ook byw.: Die winterwind waai snerpend van die suide af.
2 Wat hard, skril of skel is: ’n Snerpende fluitgeluid, geroep, geskreeu, gil.
3 a Wat bitsig of skerp is: Snerpende kritiek.
b Wat skreiend of pynlik is: Snerpende hartseer.

Deel op Sosiale Media