• 16/12/2022

soirée

(soi-rée, uitspraak: swa-ree) s.nw., soirées. Ook, geselstaal, swarrie. (Fr.)

Deftige funksie of onthaal, gew. i.d. aand, wat dikw. aan huis van iem. plaasvind en wat musiekuitvoerings, voordragte, of dergelike insluit: Die soirée is by ’n herehuis in Constantia … Andries voel die luuksheid van die plek, die ryk gaste … die welsluitende, duur wol van sy aandpak om hom, soos ’n beskermende, milde narkose (K. v. Zyl: Gister, 1966, 64). In die begin van die sewentigerjare was daar letterkundige en musikale soirées, waarop die nuwe geselskap Semper Crescendo vir die eerste keer opgetree het (F. Smuts: Stellenbosch, 1979, 396).

Deel op Sosiale Media