• 20/06/2022

sonneklaar

(son-ne-klaar) b.nw., sonneklare. (verhewe; verouderd)

GLASHELDER 3 — (figuurlik) Volkome duidelik; op volkome duidelike wyse: O, dis klaar, sonneklaar: sy het hom opsetlik deur haar swye tot die woeste daad geprikkel (J.J. Dekker, vert.: Hemel, 1931, 129). Toe ek later die vis (m.d. gekookte druiwekorrels) geëet het, was dit vir my sonneklaar dat ’n mens soms wel met groot sukses druiwe kan kook (C.L. Leipoldt: Polfyntjies, 1963, 106).
■ Ook byw.: Koenraad sien sonneklaar dat die verlokkende stil laggie in die mooi bruin oë, sy boesemvriend alles laat vergeet het (J. v. Bruggen: Damwal, 1945, 27).

Deel op Sosiale Media