• 03/12/2021

sonsakkertjie

(son-sak-ker-tjie) s.nw., sonsakkertjies. (geselstaal; minder gebruiklik)

SKEMERDRANKIE: Dis die tyd van die dag wanneer Louise Pienaar haar borduurwerk neersit en die kraffie met sjerrie uitbring stoep toe sodat sy en haar man, Mike, ’n sonsakkertjie kan geniet (F. de Villiers in Huisg., 30 Jun. 1988, 56). Op ’n baldadiger noot is daar … ’n Iers-Meksikaanse restaurant wat pret, heerlike kos en sonsakkertjies bied (Burg., 15 Des. 1998, E).

Deel op Sosiale Media