• 01/07/2022

spaaider

(spaai-der) s.nw., spaaiders; spaaidertjie. Ook spider. (Eng. spider)

Deftige vierwielrytuig met ligte bakwerk en groot, dun wiele, en wat deur perde getrek word: Met ’n volgelaaide wa en spaaider het sy (die vrou v.d. Boeregeneraal) met haar kinders en drie bediendes, ’n paar koeie, skape en hoenders vir die laaste negentien maande van die oorlog in die Wes-Transvaal rondgeswerf (Burg., 7 Jul. 1988, E). Oral op die kerkgrond onder die bome rond staan die karre, kapkarre en spaaiders vasgemaak solank die diens duur (J.Bosman: Blomme, 1960, 3).

Deel op Sosiale Media