• 08/03/2024

spitswyn

(spits-wyn) s.nw., spitswyne.

Wyn, gew. van hoë kwaliteit, wat gemaak word van uitgesoekte druiwe van ’n bep. tipe, streek en oesjaar, en wat gedateer en opgeberg word om te verouder; sin. kroonjaarwyn; spitsjaarwyn (minder gebruiklik): Maak ’n paar lêer spitswyn net om te wys dat dit in klein maat ook kan geskied: ten beste (W.A. de Klerk:Witwyne, 1967, 103). Dit is … gepas dat Laborie se spitswyn Jean Taillefert genoem word om die eerste eienaar te herdenk (Die Burger, 14 Jun. 2003, 12). Hy (droom) al jare lank van ’n wynplaas waar hy self wyn kan maak soos hy meen wyn gemaak moet word, spitswyne volgens die beste klassieke Europese tradisie (Die Burger, 29 Sept. 1981, 4).

Deel op Sosiale Media