• 30/01/2024

StellenLex 2024

Die Buro van die WAT was in Januarie gasheer van die internasionale StellenLex 2024-kongres. Die kongres is deur proff. Rufus Gouws (US; ondervoorsitter van die WAT-direksie), Theo Bothma (UP) en Sven Tarp (US; Aarhus) georganiseer. Die tema van die kongres was “Lexicography, Artificial Intelligence, Language Models and Innovation” en daar was deelnemers van Denemarke, Spanje en verskeie Suid-Afrikaanse universiteite en uitgewers. Die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die WAT, dr. Phillip Louw en mederedakteur André du Plessis het ’n referaat gelewer oor die herontwerp en toekoms van die Aanlyn WAT. Daar was stimulerende gesprekke en referate oor die etiese gebruik, voor- en nadele en toepassingsmoontlikhede van gevorderde tegnologie en kunsmatige intelligensie in die leksikografie, veral in die praktyk. Die implikasies en uitdagings van hierdie soort tegnologieë vir die Suid-Afrikaanse konteks was ook ’n beduidende besprekingspunt.

Deel op Sosiale Media