• 25/07/2022

stokkiesdraai

(stok-kies-draai) ww., het stokkiesgedraai; byv. en byw. stokkiesdraaiende, stokkiesdraaiend. Ook stokkiesdraai.

In enige opsig plig versuim, maar veral om sonder verlof v.d. skool of werk weg te bly: Luidens die verslag gaan sowat 40% van klastyd verlore omdat onderwysers stokkiesdraai (Die Burger, 20 Sept. 2017, E). ’n Ma van twee hoërskooldogters … (is) vir twee maande tronk toe gestuur omdat sy niks gedoen het om haar kinders te keer toe hulle stokkiesgedraai het nie (Beeld, 24 Jun. 2002, 8). In Spanje … is ’n stokkiesdraaiende staatsamptenaar onlangs ’n hewige boete opgelê (Huisgenoot, 17 Febr. 2016, E). Ek het julle nie in die klaskamer gekry nie, toe weet ek julle draai stokkies (M. Breytenbach: Eiland, 2011, 72).

Deel op Sosiale Media