• 09/02/2024

stroopsanger

(stroop-san-ger) s.nw., stroopsangers.

Sanger wat oorwegend sentimentele ballades en liefdesliedjies sing: Verhoogstukke, musiek, opera en selfs stroopsangers verruim die mens (Vad., 18 Jan. 1965, 9).
■ Ook i.d. vkw. stroopsangertjie met bykomende gevoelswaarde: Wie weet, dalk skuil daar diep binne elke Afrikaanse stroopsangertjie ’n Meat Loaf op ’n Harley Davidson soos ’n ridder op ’n wit perd (Beeld, 8 Des. 1993, E).
Vgl. SNIKSANGER.

Deel op Sosiale Media