• 30/10/2020

sturvy

(stur-vy) (uitspraak: stû-wie) b.nw. (geselstaal; t.o.v. mense) Ook soms stirvy. Met ’n hoë dunk van hom- of haarself, veral in vergelyking met andere, of wat ontoeganklik is: Op die oog af lyk sy (die maatskaplike werker) sturvy en jy sal dink sy sal nie eens uit jou bekers wil koffie drink nie, maar by ant Sielie eet sy sommer lekker saam uit die pot (T. Kidelo in Kuier, 18 Sept. 2019, 59). Nicole was altyd daa, but innie backround, sy was nooit saam ôs oppie playground ie. Ek het altyd gedink, naai sy’s sturvy, wan sy’t nooit gepraatie (C. Rhys: Kinnes, 2018, 29).

Deel op Sosiale Media