• 21/08/2020

suffrajet

(suf-fra-jet) s.nw., suffrajets of suffrajette. (histories) Ook, n.d. Eng., suffragette.

Lid van militante vrouebeweging wat in die vroeë 20ste eeu in Brittanje vir stemreg vir vroue gestry het; sin. stemjuffer (histories; neerhalend): Die suffrajets het op ’n hongerstaking gegaan om protes aan te teken teen die feit dat vroue nie stemreg gehad het nie. ≈ Millicent Fawcett, Emily Hobhouse se ou teenstander uit die dae van die konsentrasiekampe, is ’n meer gematigde suffrajet en leier van die National Union of Womens’s Suffrage Societies (E. Brits: Hobhouse, 2016, 197).

Deel op Sosiale Media