• 31/10/2022

swierbol

(swier-bol) s.nw., swierbolle.

Manlike persoon wat losbandig leef en dikw. uitspattig aantrek en oordrewe gesteld is op sy voorkoms, en wat gereeld die teenwoordigheid van bekendes of beroemdes opsoek of in hulle teenwoordigheid gesien word: Filmsterre, swierbolle en renjaers is by die glansgeleentheid in Monaco gesien.Prof. dr. C.B. … het … geantwoord op beweringe dat sy huwelik aan die verbrokkel is, dat hy met ander vroue flankeer en dat hy ’n swierbol is (Die Burger, 18 Nov. 1970, 1). Die verwende rykmanskind … word gou ’n leë swierbol (C.P. v.d. Merwe: Ouers, 1967, 60). 

Deel op Sosiale Media