• 21/01/2022

swoel

b.nw., swoeler, swoelste.

1 (t.o.v. weergesteldheid) Broeiend warm en bedompig: ’n Swoel somersdag. Swoel onweerslug. Swoel, benoude nagte. Teen drie-uur se stryk besluit ek: “Te hel!”; drink ’n pil; spalk my oop op my bed, want die nag is swoel (H. Aucamp in Kol, Aug. 1968, 29). Die warm, droë wind herinner haar aan die “sirocco”, die swoel Afrika-wind wat soms deur Rome waai en humeure verfraiing (H. de Kock: Vergenoeg, 1986, 63).
2 Sinlik en enigsins wulps: Prinses C. van Monaco lyk nie soos ’n sprokiesprinses nie. Sy is te sensueel, te swoel, te, wel, sexy (M. v.d. Vyver in Kat, Des. 1991, 40).

Deel op Sosiale Media