• 07/10/2021

taaier

s.nw., taaiers. (geselstaal) (n.d. Eng. tyre)

BUITEBAND: Meneer, jy moet tog maar oppas vir die klippe … Hulle slaan so maklik ’n taaier in sy maai in (D.M. Greeff: Klip, 1970, 1). Die pad is lank en die ou taaiers is gedaan. Ons sal … in die bloedige son punksers kry dat ons so bars (K. en G. v.d. Heever: Meule, 1940, 147). ’n Drywer kon hier nog met gemak agteruit reverse op ’n ghrêwwel-hoofpad wat erg rof gewerk het met ’n kar se taaiers of ’n tjoep (A. de Vries in Die Burger, 3 Sept. 2000, 7).

Deel op Sosiale Media