• 31/05/2024

tantaliseer

(tan-ta-li-seer) ww., het getantaliseer; byv. en byw. tantaliserende, tantaliserend, getantaliseerde, getantaliseer(d). (na Tantalus, ’n Frigiese koning i.d. Gr. mitologie, wat deur die gode vir sy bedrog gestraf is met ewige honger en dors terwyl heerlike vrugte aan takke bo hom gehang het, maar buite sy bereik was, en terwyl hy in water gestaan het wat telkens teruggetrek het wanneer hy daarvan wou drink)

Op ’n kwellende, tergende of uitlokkende manier begeertes, drange, hoopvolheid, opgewondenheid of verlange opwek wat nie werklik bevredig kan word nie; sin. tantel (ongewoon): (Sy) vra haarself af waarmee sy hom nog verder kan tantaliseer (W.A. de Klerk: Raamwerk, 1968, 124). Sy wikkel haar los uit sy hartstogtelike omhelsing en lag tantaliserend (W. Martin in Huisg., 19 Febr. 1965, 36).

Deel op Sosiale Media