• 08/12/2023

tjoekie

(tjoe-kie) s.nw., tjoekies. (geselstaal) Selde ook, geselstaal, tjoekies.

TRONK: Hy (die gewese president) verkies om tjoekie toe te gaan. Dit is ook nie ’n oplossing nie, want al die tjoekies is steeds oorvol selfs nadat die huidige president onlangs 19 000 misdadigers laat vrylaat het (Volksbl., 8 Febr. 2021, E). Hy is altyd haastig êrens heen op pad. Daar is maar altyd iemand se bas wat hy uit die tjoekie moet hou (M. Tesselaar: Jenny, 1997, 21). Hy’t my van die poliesstasie gebel. Drie-uur die more “… Ag, Ouboeta, seblief … hulle (wil) my in die tjoekie stop” (W. Stockenström: Middagmaal, 1978, 1).
In ’n ou bron: Gert sê toen, hy het fer julle twe di forige aand afgeluister; dat julle twe nou wil ferraaiers worde; dat hy dit an di President fertel het; en dat di President gesê het hy sal fer julle dop hou en as hy wat agterkom sal hy julle pak en in di tjoeki sit op Pretoria (O.K., Okt. 1901, 156).

Deel op Sosiale Media