tjok-en-blok
(ook sonder koppeltekens tjok en blok) (tjok-en-blok) b.nw. (geselstaal) Ook tjokkenblok en soms tjokkeblok.
PROPVOL: Die trein is tjok-en-blok, dis bloedig warm (B.J. Toerien: Moskou, 1992, 8). Dit was ’n Saterdagoggend en die strate was tjok-en-blok met mense (E. Venter: Foxtrot, 1993, 72). Op die stoof is Ma se groot kastrol tjok en blok met boontjiesop (S. Buys: Hitler, 1987, 46).