torra
(tor-ra) s.nw., torras of soms torre. (geselstaal; skertsend)
DONKIE: Die draaghout druk vas op die torras se nekke (A. Viljoen: Kwaads, 1985, 1). Die torras is maar alte gewillig om ’n bietjie te rus (P.H. Venter: Laat, 1945, 78). Van Josling af is ons met ons kapwa en twaalf torras en ons vee oor die witgatboom- en suurgrasbulte deur Kenhardt se wêreld (Burg., 12 Sept. 1977, 5). (Ook opgeteken in Beaufort-Wes, Calvinia, Ceres, Garies, Kakamas, Kenhardt, Riversdal, Swellendam, Touwsrivier en Upington).