• 06/10/2023

toutjiespop

(tou-tjies-pop) s.nw., toutjiespoppe; toutjiespoppie. Selde ook toupop.

1   MARIONET 1 — Pop wat van bo af m.d. hand gemanipuleer word m.b.v. toutjies of draadjies wat a.d. beweegbare ledemate daarvan vasgemaak is:  As Pinocchio jou gunsteling-kindertydkarakter was, sal jy dit geniet om jou eie marionet te maak. By Czech Marionettes in Praag in die Tsjeggiese Republiek kan jy binne vyf uur, natuurlik met baie leiding, ’n toutjiespop maak (Rapport, 31 Mrt. 2019, E). Tannie Carike (het) ’n groot verrassing vir die maats: Die toutjiespoppe van die Nasionale Poppeteater van Suid-Afrika (Vad., 5 Febr. 1976, 2 — byskr.).
2   MARIONET 2 — Willose persoon wat deur ’n ander of andere of deur eksterne magte gemanipuleer of beheer word: “Jas het geweet en stilgebly.” Hy roer sy skouers. “Kan haar ook seker nie kwalik neem nie, sy was Madel se toutjiespop” (R. Oberholster: Steyn, 2020, E).

Deel op Sosiale Media