• 17/11/2020

Treffendste Afrikaanse Handelsnaam-kompetisie

Die tien treffendste Afrikaanse handelsname is deur ’n stemming op die WAT se webtuiste bepaal. Die toptienhandelsname in alfabeties volgorde is:

  • Boggom – velskoene 
  • Gegrond – koffieroostery  
  • Kaptein Karnuffel Cabarnet Sauvignon – wyn 
  • Kardoesie – plaasstal
  • Koer – afspraakklub  
  • Moer Op Als – geurmiddel  
  • OEPS – produksiemaatskappy Ons Eie ProduksieS
  • Oep ve Koep – restaurant 
  • Proux – tuisbakkery 
  • Sagkuns – komberse en serpe van merinowol

Moer Op Als het die meeste stemme getrek terwyl Koer en Oep ve Koep die naaswenners was.

Drie deelnemers aan die stemming ontvang elkeen 10 jaar toegang tot die Aanlyn WAT, asook ’n kopie van die Etimologiewoordeboek van Afrikaans en sy Supplement op CD-ROM.

Deel op Sosiale Media