• 26/01/2024

tronie

(tro-nie) s.nw., tronies; tronietjie. (skertsend)

GESIG: ’n Angstige, bebaarde, druilorige, laggende, lakoniese, sardoniese, vermakerige, waansinnige tronie. ≈ Ek dag mevrou Geyer sê die man het ’n lelike tronie (H. de Kock: Man, 1994, 71). Dié omies … is … nie … oneerbiedig genoeg om enige tiener oor te haal om na hul onaansienlike tronies te staar nie (Burg., 29 Apr. 2000, E).
■ In ’n ou bron: Sina … plooi haar gesig in ’n sedige tronie (G.R. v. Wielligh: Jakob2, 1921, 36).

Deel op Sosiale Media