• 18/05/2023

Vakante betrekking: kantoorbestuurder en finansiële beampte

Die suksesvolle Afrikaanssprekende kandidaat moet oor besondere taal- en rekenkundige vaardighede beskik.

Kwalifikasie:  Toepaslike tersiêre opleiding in algemene en finansiële administrasie

Ervaring:  10 jaar bewese ervaring in kantoorbestuur en/of finansiële administrasie

Ander vereistes en aanbevelings:

  • Uitstekende administratiewe en kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
  • Bewese rekenaarvaardigheid in veral MS Word, MS Outlook en MS Excel
  • Bewese kennis van finansiële administrasie en boekhouding
  • Basiese kennis van finansiële beleggings
  • Goeie internet- en sosialemediavaardighede
  • Uitstekende beplannings-, organiserings- en prioritiseringsvaardighede
  • Die vermoë om effektief onder druk te funksioneer en by sperdatums te hou
  • Die vermoë om selfstandig en noukeurig te werk
  • Kennis van die Universiteit Stellenbosch se finansiële stelsel sal ’n aanbeveling wees
  • Kennis van die wetlike voorskrifte en werkswyses van Trusts en niewinsgewende organisasies sal ’n aanbeveling wees
  • Eie vervoer

Besondere pligte binne die algemene en finansiële administrasie:

  • Reël van vergaderings en die hou van notules
  • Verkope, versending en voorraadtelling van WAT-produkte
  • Hulp met die opstel van begrotings, finansiële verslae vir donateurs, PanSAT, direkteure en trustees, en verslae aan liggame soos CIPC en die SAID
  • Samewerking met ouditeure vir jaarlikse oudit
  • Reis- en verblyfreëlings en die reël van funksies
  • Menslikehulpbronpligte soos die byhou van verlof, prosessering van ad hoc-betalings, hantering van personeellêers en dokumentasie van aanstellings en bedankings
  • Hantering van banksake en -transaksies van die WAT Trust

Diensaanvaarding: 1 Augustus 2023, of vroeër indien moontlik

Sluitingsdatum: 2 Junie 2023

Navrae: Voor 26 Mei aan die Hoofredakteur: pal@sun.ac.za of 021 887 3113

Aansoeke moet die volgende insluit: Aansoekbrief, CV met relevante inligting, name en kontakbesonderhede van twee referente, gewaarmerkte afskrifte van ID en kwalifikasies

Stuur aansoeke per e-pos aan pal@sun.ac.za, gerig aan: Die Hoofredakteur, Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Banghoekweg 115, Stellenbosch, 7600.

Deel op Sosiale Media