Vakante betrekking: Kantoorbestuurder
KANTOORBESTUURDER
Die suksesvolle Afrikaanssprekende kandidaat moet oor besondere taal- en rekenkundige vaardigheid beskik.
Kwalifikasie: Toepaslike tersiêre opleiding in algemene en finansiële administrasie
Ervaring: 10 jaar bewese ervaring in kantoorbestuur
Ander vereistes:
Uitstekende administratiewe en kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
Bewese rekenaarvaardigheid in veral MS Word, MS Outlook en MS Excel
Bewese kennis van finansiële administrasie en boekhouding
Basiese kennis van finansiële beleggings
Kennis van die Universiteit Stellenbosch se finansiële stelsel sal ‘n aanbeveling wees
Goeie internet- en sosialemediavaardighede
Uitstekende beplannings-, organiserings- en prioritiseringsvaardigheid
Die vermoë om effektief onder druk te funksioneer en by sperdatums te hou
Die vermoë om selfstandig en noukeurig te werk
Eie vervoer
Besondere pligte binne die algemene en finansiële admininstrasie:
Reël van vergaderings en die hou van notules
Verkope, versending en voorraadtelling van WAT-produkte
Hulp met die opstel van begrotings en finansiële verslae
Samewerking met ouditeure vir jaarlikse oudit
Reis- en verblyfreëlings, reël van funksies
Diensaanvaarding: 1 April 2022
Sluitingsdatum: 21 Februarie 2022
Navrae: Voor 14 Februarie aan die Hoofredakteur: wfb@sun.ac.za of 021 887 3113
Aansoeke moet die volgende insluit: Aansoekbrief, CV met relevante inligting, name en kontakbesonderhede van twee referente, gewaarmerkte afskrifte van ID en kwalifikasies
Rig aansoeke aan: Die Hoofredakteur, Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Banhoekweg 115, Stellenbosch, 7600