• 03/05/2022

WAT se Woordpret is terug!

Ná ’n afwesigheid van twee jaar weens Covid-19, kon die WAT op Vrydag 29 April 2022 uiteindelik weer ’n Woordpret aanbied. Dit was ’n besondere geleentheid waartydens die vermaaklikheidskunstenaar Jak de Priester, die 2002-wenner van die ATKV se Crescendo-sangkompetisie, gaste met van sy bekende treffers soos “Sally Williams Nougat” en “Groen Mamba”, vermaak het. Hy het ook die hartsnare met ’n paar nuwe komposisies geroer.

Aletté van Vuuren van Ken Forrester Wingerde het van hul uitsoekwyne bedien en oudrugbyspeler Kobus Wiese het sy Wiesenhof-koffie bekend gestel. Ligte verversings is deur La Coco-restaurant bedien.

Tydens die geleentheid het Renier Stapelberg, wat saam met sy broers Werner en Wouter die woord legende gekoop het, die Borg ’n Woord-Sanlamprys van R25 000 in ontvangs geneem. Hy het vertel dat die drie broers die woord ter nagedagtenis van hulle oorlede vader, Len Stapelberg, gekoop het, aangesien baie mense wat hom geken het ná sy afsterwe na hom as ’n legende verwys het. Hulle vader het ook vroeër die woord heldin vir sy vrou gekoop nadat sy haar stryd teen kanker gewen het.

Aletté van Vuuren skink vir prof. Christo Viljoen, vakkundige medewerker en vriend van die WAT, ’n glasie Ken Forrester Silver Rose.

Aletté van Vuuren en Kobus Wiese.

Kobus Wiese probeer die gehoor vasvra met interessante koffie- en rugbyfeite.

Dr. Willem Botha oorhandig die R25 000-Sanlamprys aan Renier Stapelberg.

Dr. Botha en Renier Stapelberg met die sertifikate vir legende en heldin.

Jak de Priester vermaak die gehoor.

Dr. Willem Botha en Jak de Priester.

Kyk ook gerus na hierdie twee kort insetsels van Jak de Priester se vertoning:

 

 

Deel op Sosiale Media