’n knal wees
idiomatiese uitdrukking (ongewoon) Deur grootdoenerige, luidrugtige gedrag, optrede probeer om belangrik, bekwaam voor te kom: Jy lawaai en skop stof op — en jy is net ’n knal, dit weet jy (W.A. de Klerk: Vermaak, 1963, 17). Ek moet dit maar sê, ons kan nie juis aan hom vatplek kry nie. Ek dag eers die man [...]
sapperloot
(sap-per-loot) tw. (verouderd) Ook soms, verouderd, sakkerloot. (‹Ndl. sakkerloot, wsk. 'n vervorming v.d. Fr. sacrelote, “heilige doop”) Uitroep waarmee verbasing, ontsteltenis, verontwaardiging of verligting te kenne gegee word: Sapperloot, kêrel, ek het gedink dat jy 'n Israeliet sonder enige bedrog is. Nou sien ek dat jy jou planne oulik agtermekaar kan sit (N.P. Laubscher: Vreugde, [...]
pellie-pellie
b.nw. Iter. van pellie. Oorvriendelik, eie, of enigsins kruiperig, of wat van so ’n houding getuig; sin. tjommie-tjommie (geselstaal): Sy kritici het gehoop dat sy pellie-pellie benadering dalk tog kan help om M. die nodige invloed en gesag te gee sodat hy ... Z. kan help om ’n meer konstruktiewe benadering te volg (Beeld, 11 Aug. 2000, 12). • Ook byw.: Die twee voer onderlangs [...]
mandolien
1mandolien s.nw., mandoliene of mandoliens. Peervormige snaarinstrument v.d. luitfamilie met 'n kort nek en vier tot ses pare snare wat soos dié van ’n viool gestem is en met ’n plektrum bespeel word: Daar was die kotiljons / en die polka, die mandolien en die pensklavier en musieke van faam (B. Breytenbach: Voetskrif, 1976, 67). 2mandolien s.nw., mandoliens. Stuk kombuisgereedskap met 'n [...]
slaapbevange
(slaap-be-van-ge) b.nw. Wat oormeester of oorweldig is deur die vaak of slaap: Daar (kom) helderheid deur haar (tant Levina se) slaapbevange brein (J. v. Bruggen: Slaplaagte, 1954, 62). Verstik! Dié woord skok ... deur my slaapbevange sinne (L. v.d. Westhuijzen, vert.: Een Staan By, 1961, 32). • Ook byw.: Oom Theuns … sit nog slaapbevange op die kant van die bed en vrywe sy oë (N.A. Potgieter: Petaljes, 1939, 5).
Woord van die Weekmike2021-10-08T08:33:33+02:00