• 15 Oktober 2023

    Regstreeks vanaf die Woordfees in Stellenbosch: Alet Cloete en dr. Gerda Odendaal van die WAT beantwoord luisteraarsvrae. https://omny.fm/shows/taaldinge/taaldinge-15-oktober-2023

  • 3 September 2023

    Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Wat aan bod kom,  sluit onder meer in die verskil tussen lankmoedig en verdraagsaam; die herkoms van ensemble, riemtelegram en stinkryk; en die rede waarom onmiddellik op dié manier gespel word. Ina Strydom se gaste is oudergewoonte Alet Cloete en dr. Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. [...]

  • 13 Augustus 2023

    Luisteraars se taalvrae word beantwoord. Van die kwessies wat bespreek word, is die gebruik van nommers, syfers en getalle; die herkoms van die uitdrukkings streepsuiker kry en riemspring; en die verskil tussen gebruiker en verbruiker.  Alet Cloete en Gerda Odendal van die WAT verskaf die antwoorde op die vrae wat Ina Strydom namens die luisteraars [...]

  • 18 Junie 2023

    Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee, en vertel onder meer wat kiri slam beteken wat in ’n gedig van I.D. du Plessis voorkom; en waar die woord iesegrimmig vandaan kom. https://omny.fm/shows/taaldinge/taaldinge-18-junie-2023

  • 4 Junie 2023

    Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Van die kwessies wat bespreek word, is die gebruik van manlike en vroulike vorme, waarom tagtig met ’n t begin en nie agtig is nie, en die verskil tussen insette en insae. Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom [...]