• 30 April 2023

    Luisteraars se taalnavrae is altyd interessant en leersaam. Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal vertel onder meer waar “op eie houtjie” en uitknikker vandaan kom. Hulle gee ook die Afrikaanse benaming vir chatbot, en verduidelik wat ’n konkonnetjie is. https://omny.fm/shows/taaldinge/taaldinge-30-april-2023

  • 2 April 2023

    Wat is die verskil tussen state en deelstate; konsert en concerto; en bakatel en bagatelle? ’n Nuwe spanlid, dr. Gerda Odendaal, sluit by Alet Cloete van die WAT aan om saam met Ina Strydom luisteraars se navrae oor taalkwessies te beantwoord. https://omny.fm/shows/taaldinge/taaldinge-2-april-2023

  • 4 Desember 2022

    Waarom praat ons van “’n feit soos ’n koei”?  En is dit korrek om te praat van rippeleffek?  Dr. Willem Botha en Alet Cloete beantwoord taalnavrae saam met Ina Strydom. https://omny.fm/shows/taaldinge/taaldinge-4-desember-2022

  • 16 Oktober 2022

    In Taalnavrae gee dr. Willem Botha, hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, en Alet Cloete, ’n senior mederedakteur van die WAT, onder meer duidelikheid oor die verskil tussen naatloos en soomloos; die beklemtoning van woorde se invloed op die betekenis van ’n sin; en die gebruik van manlike en vroulike vorme van woorde. [...]

  • 11 September 2022

    Die hoofredakteur van die WAT, dr. Willem Botha, en ’n senior mederedakteur, Alet Cloete, beantwoord luisteraars se taalnavrae. Hulle bespreek onder meer stadion vs stadium, en ronde vs rondte. https://omny.fm/shows/taaldinge/taaldinge-11-september-2022