
Laurika Rauch het uit haar pad gegaan om die WAT en Afrikaans te bemark tydens haar termyn as die Borg ’n Woord-projek se beskermvrou. Baie dankie! As afsluiting van haar termyn het sy ’n kompetisie aangebied waar ’n ondersteuner R5 000-kontantprys plus een genommerde, getekende “Laurika Rauch 40 Jaar”-versamelstel kon wen. Die wenner was Lanie Koelman wat […]

Die tien treffendste Afrikaanse handelsname is deur ’n stemming op die WAT se webtuiste bepaal. Die toptienhandelsname in alfabeties volgorde is: Boggom – velskoene Gegrond – koffieroostery Kaptein Karnuffel Cabarnet Sauvignon – wyn Kardoesie – plaasstal Koer – afspraakklub Moer Op Als – geurmiddel OEPS – produksiemaatskappy Ons Eie ProduksieS Oep ve Koep – restaurant Proux – tuisbakkery Sagkuns – komberse en serpe van merinowol Moer Op Als het die meeste stemme getrek terwyl Koer en Oep […]

Dawie Roodt is Borg ’n Woord se nuwe beskermheer en hy doen die volgende beroep op alle Afrikaanssprekendes: Belê in ’n wenner. Belê in Afrikaans deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal te ondersteun. My gunstelingwoord is verruklik. Wat is joune? Maak dit jou eiendom en borg dit nou want die Borg ’n Woord-projek verdien jou ondersteuning. Gee […]

Vrydag 16 Oktober is Internasionale Woordeboekdag. Woordeboekdag word gehou op die geboortedag van Merriam Webster, vader van woordeboeke in Amerika, op 16 Oktober 1758. Webster het eers 26 tale aangeleer voordat hy sy eerste woordeboek uitgegee het. Sy woordeboeke is revolusionêr van aard en hy het ’n Amerikaanse spelwyse gevestig, bv. color in plaas van […]