• moederhart

    s.nw. Hart van ’n moeder, gekenmerk deur liefde vir haar kinders: Die moederhart is seer, voel bly. ≈ Die moederhart roep ons dadelik ’n wêreld van sorgende, verskonende, allesverdraende en allesvergewende liefde voor die gees (in J.J. Knap: Are, 1949, 7 Febr.). Haar moederhart het haar altyd laat glo dat Francois tog eendag sou [...]

  • latjiebeen

    (geselstaal) idiomatiese uitdrukking jou latjiebeen (soms ook latjieboud) hou (dikw. t.o.v. ouer mans) By 'n nooi aanlê of vryerig wees: Hy hou vir hom latjiebeen, d.i. hy bewys die meisie opmerksaamheid, is vryerig (D.F. Malherbe: Afr. Spreekwde., s.j., 251). latjiebeen agter iemand wees (t.o.v. manspersone) Verlief op iem. wees: Ek was altyd latjiebeen agter [...]

  • mopperig & moppig

    mopperig b.nw. (minder gebruiklik) Morrig: Sy humeur wat ... weer mopperig begin raak het, het ... ontbind tot ’n kommerlose opgewektheid (P. de Bruyn: Maan, 1973, 79). Casper (loer) verleë om ’n deur ... agter 'n mopperige verpleegsuster wat maan dat hy nie lank mag bly nie (W. Hartman in Huisg., 28 Jun. 1963, [...]

  • omsons

    b.nw., omsonse. (geselstaal of verouderend) (< D. umsonst of Ndl. omzonst) 1 Doelloos, onverklaarbaar of sonder rede: Hierdie vertellery van Janmaans se dinge is nie omsons nie; dis by wyse van uitlokking (E. v. Rooyen in Huisg., 20 Mei 1977, 79). Ons sal die vlieg vernietig ... Ons slag die skaap ... Maar ons [...]

  • sedoos

    (se-doos) s.nw. (geselstaal) Sien SUIDOOS — Sterk, langdurige suidoostewind wat in Kaapstad en omgewing, gew. i.d. lente en voorsomermaande waai, en wat daarvoor bekend is dat dit die Kaapse lugbesoedeling wegwaai: Of daar buite die eertydse aanhoudende winterreën geval en of die verskriklike sedoos die stofwolke deur die straat gedryf het: dit het die [...]