• mopperig & moppig

    mopperig b.nw. (minder gebruiklik) Morrig: Sy humeur wat ... weer mopperig begin raak het, het ... ontbind tot ’n kommerlose opgewektheid (P. de Bruyn: Maan, 1973, 79). Casper (loer) verleë om ’n deur ... agter 'n mopperige verpleegsuster wat maan dat hy nie lank mag bly nie (W. Hartman in Huisg., 28 Jun. 1963, [...]

  • omsons

    b.nw., omsonse. (geselstaal of verouderend) (< D. umsonst of Ndl. omzonst) 1 Doelloos, onverklaarbaar of sonder rede: Hierdie vertellery van Janmaans se dinge is nie omsons nie; dis by wyse van uitlokking (E. v. Rooyen in Huisg., 20 Mei 1977, 79). Ons sal die vlieg vernietig ... Ons slag die skaap ... Maar ons [...]

  • sedoos

    (se-doos) s.nw. (geselstaal) Sien SUIDOOS — Sterk, langdurige suidoostewind wat in Kaapstad en omgewing, gew. i.d. lente en voorsomermaande waai, en wat daarvoor bekend is dat dit die Kaapse lugbesoedeling wegwaai: Of daar buite die eertydse aanhoudende winterreën geval en of die verskriklike sedoos die stofwolke deur die straat gedryf het: dit het die [...]

  • masekin

    (ma-se-kin) s.nw., masekinnes of masekinners. (geselstaal) Ook, geselstaal, masekind, masse kin en masse kind. (sametrekking van ma se kind) MAAT — Iem. teenoor wie ’n ander of andere toegeneentheid en waardering voel vanweë ’n besondere kameraadskaplikheid of bepaalde persoonlikheidseienskappe en wie se geselskap en welsyn hy of hulle opsoek en bevorder; ook, iem. met [...]

  • Paasnaweek

    s.nw. Naweek van Paasfees wat op Goeie Vrydag begin en op Paasmaandag eindig: Dit het gewoonte geword dat Paaseiers gedurende die Paasnaweek in die huis en tuin weggesteek word (Volksbl., 30 Mrt. 1999, 4). Die Donderdag voor die Paasnaweek word alle klokke vasgemaak, sodat hulle nie kan lui nie. Maar die Saterdag(aand) om elfuur [...]