• opskeploer

    ww. (geselstaal) (gew. saam met kom of gaan) Ook soms opskep loer. Met etenstyd by iem. aandoen m.d. hoop om vir ete genooi te word; sin. op opskep loer (ongewoon): Daar’s nie tyd om met knapsakkos te foeter nie. Hy sal maar vanaand by tant Bet gaan opskeploer (T. Kotzé: Latjieboud, 1972, 18). Hier [...]

  • sonaanbidder

    (son-aan-bid-der) s.nw., sonaanbidders. 1 Iem. wat graag sonbaai of uit eie keuse lang tye i.d. son deurbring: “Sonaanbidders en strandlêers” het ná die lang naweek nie veel om te wys vir hul urelange en daelange aanbiddery en lêery nie — die son wou nie saamspeel nie (Die Burger, 12 Okt. 1971, 4). Die vel is nie [...]

  • sonnejaar

    (son-ne-jaar) s.nw., sonnejare. Ook sonjaar. Tyd wat dit die aarde neem om een keer om die son te draai, nl. 365 dae, 5 uur, 48 minute en 45 sekondes; sin. astronomiese jaar, tropiese jaar; onderskei van maanjaar: In die ruïnes van hulle (die Majas se) stad is daar ’n sterrewag met siglyne in die [...]

  • Kerstyd

    (Kers-tyd) s.nw. Tyd van die Kersfees; tyd waarop dit Kersfees is, of, ruimer, tyd om en by Kersfees (Oukersdag, Eerste en Tweede Kersdag), waarin Kersdag val; ook soms, tyd van ’n paar dae van voor Kersdag af tot na Nuwejaar: Die hoofstraat ... is uitgedos in ’n feesgewaad van liggies vir die Kerstyd (Die Burger). [...]

  • sjoekran

    (sjoe-kran) tw. (i.d. taalgebruik van Moesliems) Ook shoekran en shukran. (‹Arab. shukran) DANKIE: Sy vlieg op en hardloop … Oor haar skouer sien sy dat oom Moshe haar agternasit … Liora hardloop koes-koes tussen vroue deur … Toe sy haar in ’n doodloopgang bevind, lig ’n jong vrou … haar voorskoot en laat dit [...]